Thursday 16 February 2023

Today's mood Eina

Ek haat jou, jy word te maklik beinvloed, maar suip sal jy suip.

Jy kom vanaand weer vanaf een van jou ouers af. Dan is daar niks slegter as ek, op die aarde nie.

Ek is dankbaar vir my ouers

Maar jou ma is galbitter en n wyn vlieg en jou pa

Is ook n suip gat en n negatiewe drol.

Ek moet weer gaan werk soek is jou woorde aan my.

Ek vloek jou en jou ouers ek sal nie.

Ek het 5 jaar gesorg dat ons elke maand kos het in die huis

Ek het mooi na jou gekyk ou msamma se seuntjie, dis maar net jou beurt

Jy gaan jou keuses in die lewe moet maak of ons groei of jy bly

agter saam jou mense wat jy, pa en ma noem.

Ek wil meer in die lewe he as wat jy my op die stadium kan bied

Of jy groei saam of jy bly agter saam daai ouers van jou!!!!

Ek gaan nie dat hul my groei of drome breuk nie,

Ek is baie sterker as jy en ek het die regte ondersteuning

Ek is moeg om te baklei dat jy vir jouself sal baklei en op te staan en te moet kyk

Wat kan eintlik nog kan wees, my woorde aan jou raak min,

Ek is moeg om jou te probeer laat glo in ons 

Ek kan jou nie dra en my dra nie en ek het jou gese,  5jaar

meer van myself weggegee en ek gaan  my drome volg, kom wat wil,

jy probeer nie eers om n beter man te word nie, jy moet groot word.

Ek het jou probeer n beter mens maak,

Net as ek jou wen dan is hul in die prentjie

Altyd, ons sal nooit kan groei nie,

Ek wil jou nie los nie, ek sal jou maar dra

Terwyl ek maar moet as jy jou ouers na nog n jaar

Of na n paar jaar kies dan is dit maar so want

Ons verdien dit om ook as n family te moet groei

As jy aan die verkeerde kant van ons draad bly staan,

Gaan jy agter bly. Was my pa se woorde aan my.

Ek wens jy kon my ouers se woorde hoor en inneem.

Dit help nie eers hul prober nie,

Jy sit liewers en bog praat en jouself verdrink,

Saam een van jou ouers.

Die ou keuses wat jy lank terug gemaak het,

Dis verby hou op luister na dronk praatjies,

Begin die mens wees wat ons verdien om te he,

Wil nie he jy moet agter bly nie, wil he ons moet saam groei.

Ek glo aan ons, hoekom kan jy nie….

No comments:

Post a Comment

5 de Geheimpie

Ek en R se ma kom nie oor die weg nie van die eerste oomblik toe ek en R net ogies gemaak het vermekaar. Sy het gebel ek het gewerk vandat R...