Thursday 16 February 2023

Jou Woorde

 my woorde aan jou, ek weet is vieslik,

ek weet nie hoekom ek nie net kan stil bly nie,

hoekom moet ek jou terug seer maak,

hoekom moet ek jou smeek vir menslikheid,

hoekom kan jy nie die seer sien wat jy doen nie,

hoekom kan jy nie onthou wat jy gedoen of gese het nie,

hoekom moet ek altyd die mal een wees.


ek het so groot drome vir ons, maar

ek hoor jou woorde wat seer moet maak,

ja dit maak moer seer maar, ek was ook verkeerd,

dalk soek ek meer aandag, of dalk soek ek jou net,

om wakker te skrik en regtig te sien wat het jy.


ek vra ook hoekom as dit so goed gegaan het,

hoekom nou weer hierdie groot berg of ek voel,

ek is op n bootjie in die middle van die dam,

ek dink aan n ou vriend van n sklidery teen sy muur gehad het,

hy het altyd gese soek en bly soek tot jy die regte een saam 

jou in die bootjie te kry, want een roei en ander een staan droog 

en veilig, gaan jy nie ver kom nie,


ek voel nou amper ek kan nie sonder jou voorentoe beweeg nie,

ek soek jou in my bootjie, nie net oor aardse goed nie,

maar ook sonder jou mooi of lelike woorde , ek kort jou,

hoekom dan net nie meer die ander mense sien as negatiewe weses nie,

is ek dalk die verkeerde een,

hoekom moet ek weer twyfel in myself,


as ek mos die berg sien tussen ons net omdat jy gaan kuier het,

jy kort dalk die dronk praatjies, maar dan baklei ons so baie,

is dit omdat ek jaloers is dat jy so lekker gekuier het tot so laat,

of is dit as jy hier kom is jy so galbitter en dit werk nie vir my nie,

hoekom het ek die punt bereik wat jou woorde nie meer seer maak nie,

hoekom voel dit as jy aan my vat ek moet maar net gee,

hoekom voel dit of ek weer alleen in my bootjie is.



No comments:

Post a Comment

5 de Geheimpie

Ek en R se ma kom nie oor die weg nie van die eerste oomblik toe ek en R net ogies gemaak het vermekaar. Sy het gebel ek het gewerk vandat R...